13. Dank God!
Baie water het in die see geloop sedert ons laaste kommunikasie in Oktober, en vandag wil ek dankie sê vir jou gebede en jou bemoedig en 'n groot stuk goeie nuus met jou deel.
Hallo, ek is Jokkie Gauché, en welkom weer by Bid vir jou Land.
Verlede jaar, na die twaalfde gebedsbrief, het ek effens terneergedruk gevoel, want ek het gehoop dat meer mense op hierdie reis by ons sou aansluit, om in hierdie moeilike tye vir ons land te bid. Sowat 140 mense het die Engelse weergawe gelees, en sowat 50 het die Afrikaanse weergawe gelees. Sedert Oktober het nog nege mense deur die reeks gelees.
Op soek na duidelikheid en rigting, het ek die aangesig van die Here gesoek en terwyl ek my hart voor Hom uitgestort het, het ek beleef dat Hy sê dat alles reg is en dat Hy ons gebede gehoor het. Ek was baie verlig en bemoedig dat alles nie tevergeefs was nie. Ek is natuurlik ook bewus daarvan dat daar baie ander gebedsgroepe en voorbidders is, wat vir die land bid.
Op die 12de Februarie het ek 'n skakel ontvang na 'n 2-uur video deur Dr. Arno van Niekerk getiteld; It’s time to rise South Africa. In hierdie video deel hy 'n strategie vir ware gelowiges om Suid-Afrika te red. Ek wil jou aanmoedig om hierdie video te kyk en biddend jou eie gevolgtrekkings te maak. Ek is baie bemoedig, en ek loof die Here dat Hy iemand geroep het met die visie om Goddelike bestuur en waardes in ons land te herstel.
Vandag, is ek verheug en terwyl ek die Here dank vir so 'n beweging, en vir hulle bid, kom die woorde van Filippense 4:4-7 by my op:
4 Wees altyd bly in die Here. Ek sal dit weer sê: Wees bly! 5 Laat julle sagmoedigheid vir almal duidelik wees. Die Here is naby. 6 Wees oor niks besorg nie, maar maak in elke situasie julle begeertes deur gebed en smeking, met danksegging, aan God bekend. 7 En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.
Hier is die skakel na die video:
Die e-posadres wat hy in die video verskaf om in te teken is:
Ek hoop van harte dat jy saam met my bly is en dat jou geloof ook versterk is. As jy saam met my bly en opgewonde is, deel dit gerus met ander gelowiges.
Seënwense en mooi loop! Ons gesels weer.
Onthou jy kan inteken om enige nuwe boodskappe te ontvang.